Ek het 'n Afrikaanse boek gelees


Ek het vandag vir die eerste keer ‘n Afrikaanse boek gelees en ek is baie bly dat ek dit kan doen het, want ek leer net twee maande die taal.

Als jy nie wil weet hoe hierdie storie afloop nie, dan moet jy nie verder lees nie ...

Die titel van die boek wat ek gelees het, is Die Horlosiemaker, geskryf deur Anna Erishkigal. Eintlik is dit nie regtig 'n boek nie, maar 'n novelle, wat slegs 38 bladsye tel. Ek dink dit was ’n Engelse boek, wat vertaal is in Afrikaans, want die storie vertel die verhaal van ’n meisie wat in ’n stad woon met Engelse straatname en dit lyk gewoon so asof dit in Amerika is (later lees ons dat haar kêrel as soldaat met die leër naar Afganistan toe gaan om te veg teen die Taliban).

Die meisie waaroor die storie gaan, is Marae. Sy het van haar kêrel ‘n horlosie gekry, wat gestop het om presies 3.57 uur namiddag, op Woensdag, die 29ste Januarie. Ons kom te weet dat dit die oomblik is waarop Jos (Marae se kêrel) gesterf het.

Jos wil trou met Marae, want hy is soldaat en hy moet na ‘n oostelike land gaan (sy vertel nie watter land dit is nie, maar ons lees later dat dit Afganistan is). Hy het twee ringe gekoop by die horlosiemaker (maar nog nie heeltemal betaal nie), waar hy ook die horlosie gekoop het wat nou gestop het. Maar Marae het skrik gekry, toe sy ontdek het wat Jos sou doen. Marae se familie het gesê sy moet die verhouding met Jos verbreek, want hy is ‘n swartman en die familie wil dit nie hê.

Hoewel Marae nog altyd verlief is op Jos, stuur sy hom tog ‘n teksboodskap om te sê dat sy nie wil trou nie. Dis die dag voor Jos as soldaat met die leër naar ‘n verre land sal vertrek. Ons het al gelees hoekom Jos het gesterf. Hy het met sy soldate ‘n paadjie gevat, waar die Taliban ‘n lokval gemaak het. Jos is die enigste wat gesterf het in die lokval.

By die horlosiemaker sien Marae drie spesiale horlosies, waarmee sy ‘n uur van haar lewe terug kan kry. Sy wil baie graag nog een keer totsiens sê, Jos nog een keer ‘n drukkie gee en sê hy moenie die hoë pad vat nie sodat hy nie sal sterf in die lokval nie.

Marae het saam met die spesiale horlosie ook die ringe terug gekry van die horlosiemaker, wat Jos betaal het. Sy het die ringe in haar rugsak gesit.

Sy gaan terug na die oomblik waarop Jos met die leër sal vertrek. Hy vertrek amper maar sy is tog net-net betyds. Jos se moeder sien Marae en sy wil haar nie verby laat nie. Sy is nog altyd boos op Marae omdat sy haar seun afgesê het en Jos nou ‘n doodswens het. As hy in Afganistan sterf, sal dit die skuld wees van Marae, het Jos se moeder gesê. Maar Marae sê teen Jos se moeder sy is reg, maar mag sy asseblief Jos waarsku ...

Uiteindelik kom sy tog bij Jos, sy geef hom ‘n drukkie en sê ‘n paar keer hy mag nie die paadjie vat nie. En dan is die ekstra uur verby en keer Marae terug na die hede. Sy weet nie wat almal gebeur is. Sy weet slegs sy moet die horlosie terug bring by die horlosiemaker, voor die winkel toemaak.

En dan lees ons dat Jos geluister het naar Marae en in Afganistan nie die paadjie gevat het, presies so as Marae gesê het. Hy leef nog en is terug in Amerika. Marae skrei en skrei, maar Jos begryp nie waarom. Die laaste wat ons lees, is dat sy tog gaan trou.

Reacties

Populaire posts van deze blog

Ech léiere Lëtzebuergesch

How to fit 11 languages into your daily routine

Ég er að læra íslensku